Tuin van mondings

Tuin van mondings

                            (Sylvia Plath)

 

Toe doen jy dit weer.

Jy was suksesvol, hierdie laaste keer.

 

Jou nat pensketse van geïnkte winterbome,

oorgroot tulpe, nog ingesneeu

en nabyskote in die leem

van sampioene se sagte vuiste,

 

nader nog, kring op kring in pers en swart en rooi

die dringende muskus van jou oopgeskilde

blomkrone wat jou asem smoor, bloedpapawers

is jou mond se vel, die saadkapsules vol ingedrinkte

dampe opiaat herinner aan ’n vorige keer,

 

die moed van geslote monde

en uitmondings se rooi vlamme –

 

al die rame waardeur

jy na jou wêreld kyk.

 

Op ’n koue dag in Februarie is jou mond

’n mond van rou wonde, ’n mond

van taai pêrels

in jou tuin van digte mondings

 

toe die laaste lug aan jou tulpe vashaak

en jy bloedloos die wêreld uit jou oë loslaat.

 

© Susan Smith

Advertisements

quinera

hierdie rivier

wat landin ‘n blink lint deur groen valleie sny

– ‘n groen vyftig miljoen jaar oud –

hou die hart van haar mense vas

trek aan hul ledemate

met die oerstuwing van alle tye

toe almal eens vis was, vóór

longe, vóór asem

voor die kraakbeen van kieue

neus en oor geword het in ‘n baarmoedersee

wat ligroos deur klein toegelymde ooglede skyn

 

© Susan Smith. Uit: “In die afwesigheid van sin”

EsiKhaleni

EsiKhaleni

(Hole-in-the-wall)

 

mooi sing Ntombi

in die dubbelvolmaanmaand

waar die seeman met die vinhande

die meisie tussen kleihuise

en oor prilgroen heuwels sien loop

 

Ntombi sing

waar die golfbreker boegvis ploegvis stamp

en stamp       tot die sandsteen maagdelik

breek           tot die skalie in gitblou skywe

uiteenkraak

 

Ntombi sing

waar die meisie tussen strandnguni’s

oor die sandsoom water toe hardloop

opkyk      die halfgod en sy stormvis

déúr die landmuur sien kom

 

sing Ntombi     sing uit die water

sing waar die wit hingste skuimbek

runnik       die hoewe oor klippe

dreun         die water deur die sagte landplooi

van die Mpakovallei

stroomroof       die aarde skreeu     die tata

sy klere skeur

 

Ntombokuqala sing

die seemense sing

die landmense ween

die plek donder

die plek klink

esiKhaleni     sê die plekmense

die plek van klank

 

©Susan Smith

 

5 haikoes


ingestik, vroegsomeraande
die eerste brons Caco
se naaldsteekkwake

Wahlberg se grootoog 
witkol-vrugtevlermuis pieng 
eine kleine Nachtmusik

laatwinter kraakloop
katstertriet se kruiprisome
bros van oor tot oor die agterduine

slank kleefgrashalms 
se klitshakies steek
in kusruigte lyf weg 

blouduinebessie duinemirt
vlesig persryp geswel
die tyd van growwebroodkonfyt

Susan Smith

die môreboom


         umuNgu/acacia karroo

waar die heel en jonger
ronde rooi dolorietkoppe
oor eeue tydsaam loswikkel
en ronder en kleiner 
en ouer afrol 
waar die fyner gegreinde 
sandsteensedimente langsaam 
sagter meel 

sit die soetdoring se swart pit 
nog in sy sekelpeul
tussen krake in ysterrooi sand 
en geler oermoer leem 
geologies vir oorleef verpak 

droom soet en onverpoos voort 
onder sy grootjie se skamel geel
poeierkwaste en bietjieblaar skaduwee 

totdat sy gleuf tyd aanbreek
die sekel kraak
en sawwerig raak
die penwortel skiet
en die eerste versigtige groen bot
hardnekkig en binnekort vuurbestand
bo die afgesette kors 
kopuitsteek
©Susan Smith

die oortjies van die gedig

 

die oortjies van die gedig
flikker en spits
net-net bo die oppervlak
van die ryk water

stadig verskyn die groot age oge
die neusgate sper
      oper
snork liggies
   die snork vlieg weg oor die water
    verdwyn tussen die takke
      tussen die bosluisvoëls se sketter in die takke
        in die digte oewerbome langs die water

die bek skarnier oop
’n gaap wys tande          
die gedig hap en proes vir oulaas ’n slag
klap toe
   sproei druppels waarin miniem
      in die konvekse bol van elke druppel
         die son  die seekoei in die water tussen die bome 
             onder die son in die heelal weerkaats  
sak dan    amper rimpelloos
onder donker water
terug

©Susan Smith

today the chilly awareness of grey

 

today the chilly
awareness of all shades of
grey   cloud grey   mist grey  seagull grey   feather grey
           water grey    wave grey    foam grey
         rock grey     pebble grey    rock crevise grey
           sand grey   shell grey    crushed shell grey
                   has found my senses
at this place today:        kayser’s beach    34km west of
    east london   eastern cape   south Africa   32°58 south
where in the exposed tidal zone

in crushed shell sand

my feet are wriggling itself

in

©Susan Smith

“There is dual tension at work in […] bioregional poems.  At some moments the poem is an account of the world-as-it-is, at other moments a idiosyncratic self emerges like a sprite.  Yet, the poem announces a concerted effort to write as a way to displace self from phenomenal experience. “   There is a strive “[…] for a poetics in which these two acts – of being, and of ‘letting be’ – work in concert. “  The use of “[…] the journal as a site of poetry, time – marking and framing the place and materials surrounding the writing.  With […] clarity, the here and now surface:  native animals, plants, waters, people, moon and sky interwoven with thoughts, the mind working.  The poem is porous, a duration.  Not a slice of life, but an instance of inhabiting […]a site of ecological being.”

Russo, Linda. (n.d.). Writing Within:  Notes on Ecopoetics as Spacial Practice.  In:  How2, 3(2).