digter

Die aarde is ‘n eierblou ark

omslag-aarde-eierblou-abf01-voorplat  2016 Die aarde is ‘n eierblou ark, Protea Boekhuis

Earth is not just the round sphere in its entirety but also – first and foremost – the humble ground beneath our feet, the winds gusting around us, and the local waters flowing through us.

Dít is die gedagtegoed wat Smith by wyse van die poëtiese woord laat uitdy. Haar aanbod wissel van direk en eenvoudig tot barok, van beskrywing en personifiëring tot vereenselwiging, en word onderbou deur wetenskaplikheid en belesenheid oor natuurverwante onderwerpe. Danksy die wye verwysingsveld, soos dit ook in die werk van T.T. Cloete en Johann Lodewyk Marais beslag kry wanneer hulle elk op hul eie manier “met die aarde praat”, of saam met ander digters “ons klein en silwerige planeet” in oënskou neem, lewer Smith se bundel hoogs interessante en verrassende poësie op. Uit ʼn vers getiteld “Die voëls van Neruda”, ʼn inspeling op die groot Chileense digter se “Bird”, word Smith se tweede strofe aangehaal:

afstand bied ʼn wyer blik

die arktiese stormvoël

wat met akkurate wete jaarliks

tot negentigduisend kilometer reis

sy donker oë gestaal

teen die onmoontlike saffier van lig

word tot relikwie gepreserveer:[.]

(Aangehaal uit die resensie van Zandra Bezuidenhout op Versindaba)

Resensies en onderhoude

Versindaba-onderhoud met Gisela Ullyatt

Versindaba-resensie (Zandra Bezuidenhout)

Rapport-resensie (Joan Hambidge) (Woorde wat weeg)

LitNet-resensie (Reinhardt Fourie)

Burger/Beeld/Volksblad-resensie (Neil Cocharane)

Versindaba-digstring

 

 

Debuutbundel: in die afwesigheid van sin

               2012 In die afwesigheid van sin, Protea Boekhuis

In haar debuutdigbundel bied Susan Smith ’n vroulike perspektief op die rol wat taal in die lewe van “’n onbelangrike mens” speel. Hierdie besinnings word egter nie in abstrakte terme oorgedra nie, maar word gedra deur verse oor die band tussen familielede, die weerloosheid van vroue teen misdaad, dood en ouderdom, die geborgenheid wat ’n huis kan bied en die sosiale werklikhede van ons tyd. Die hele bundel staan in die gees van die motto, ’n aanhaling van Erica Jong, “Since flesh can’t stay, we pass the words along”. Die oorlewer van woorde van een geslag na die volgende in verskillende vorme kom ter sprake: benoeming, naamgewing, vertelling, liedjies en rympies, instruksies soos resepte en breipatrone (“in skilferdeeg toegevou”, gewone, alledaagse kommunikasie (“telefoonboekie”) en hiperteks. Naas verwondering oor die vermoë van taal, is daar ook verse oor die beperkinge en verlies van taal (“afasie”), en die taal van verlies (“terwyl ek besig was”). In verse soos “Quinera” en “karoo-narratief” word getoon hoe taal herinnering en kultuurgoedere bestendig. In die derde afdeling “muur”, word eietydse kommunikasiewyses met selfone, die internet en foto’s aangeraak, en in afdeling IV, “versin”, word die leser bewus gemaak van die mag van woorde om ook dit wat nie werklik bestaan nie, te kan oproep.

Uitgewer: Protea Boekhuis

ISBN: 9781869198077

 

 

Resensies en onderhoude

 

Versindaba onderhoud met Amanda Lourens

Resensies

Stilet-artikel oor bundel

Gedigte in saamstelbundels en skoolhandboeke

2013 Piekfyn Afrikaans, Leesboek, Graad 5, Huistaal. Kaapstad: NB Boeke.

2013 Piekfyn Afrikaans Gr 4. Leesboek, Huistaal. Kaapstad: NB Boeke.

2013 Via Afrika Afrikaans Huistaal Gr 9 Leesboek. Kaapstad: Via Afrika Publishers.

2013 Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Gr 7 Leerderboek. Kaapstad: Via Afrika Publishers.

2011 De Onbestemmelingen, Uitgeverij Kontrast

2011 Vonk@Verse 1, NB-Uitgewers

2011 Vonk@Verse 2, NB-Uitgewers

2008 Groot Verseboek, Deel 3, Tafelberg-Uitgewers

2008 Versjoernaal, Best Books, NB-Uitgewers

2007 Pret met Poësie, Best Books, NB-Uitgewers

2001 Raamwerk 11 & 12, Maskew Miller Longman

2001 Versreise, Tafelberg-Uitgewers

2000 Groot Verseboek, Tafelberg-Uitgewers

1997 Nuwe Stemme 1, Tafelberg-Uitgewers

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s