navorsingsartikel

Verlies as tema in In die afwesigheid van sin

(Susan Smith)

Stilet 25(2) 2013

Alicia van der Spuy

Agtergrond

Susan Smith se eerste solodigbundel, In die afwesigheid van sin, verskyn in November 2012. Sy het in Nuwe Stemme I (1997) gedebuteer, en van haar gedigte is opgeneem in Versreise, Raamwerk 11&12, Groot Verseboek 2000 & 2008, Versjoernaal, Pret met Poësie (Lloyd, 2010; Lourens, 2012), asook in Vonk@Verse I & II. Haar poësie word ook voorgeskryf vir gebruik in skole. Sy is dus nie ʼn onbekende figuur in die wêreld van die Afrikaanse digkuns nie.

Resensente het oor die algemeen redelike gematigde uitsprake oor die bundel gehad. Daar word gefokus op die vroulike temas (Marais, 2013; Lourens, 2012; Taljard, 2012; Hambidge, 2013; Naudé, 2013; Fourie, 2013) en die voortsetting van familietradisies (Marais, 2013; Fourie, 2013), asook, veral, die verwysings na skryf en woorde (Marais, 2013; Lourens, 2012; Hambidge, 2013; Naudé, 2013; Fourie, 2013). Naudé (2013) en Hambidge (2013) voel egter dat dit ʼn ongelyke bundel is. Sommige gedigte hoort volgens hulle nie in die bundel nie, aangesien hierdie bloot swak gedigte is. Hambidge sê wel dat daar ʼn “handvol” sterk gedigte is, maar dat die gedigte ʼn “sewentigeraanslag” het. Hiermee stem Naudé saam, aangesien hy beweer dat Smith nie ontsnap aan “’n geykte romantieke geseur nie wat kenmerkend is van sommige Afrikaanse gedigte sedert die 1970’s”.

Hulle verskil egter ten opsigte van watter gedigte as goed beskou behoort te word. Waar Naudé (2013) “slakkepas-sonnet” (93) as die hoogtepunt van die bundel beskou, meen Hambidge (2013) dat hierdie gedig een van die gedigte is wat “die krag van ʼn dwingende gedig mis”. Die ander resensente het minder krities te werk gegaan en fokus op die positiewe elemente in die bundel. Taljard (2012) noem dit ʼn “gesofistikeerde teks” wat “kundig” saamgestel is. Marais (2012) verwys daarna as ʼn “deurdinkte, deurgekomponeerde, afgeronde bundel”, terwyl Lourens (2012) noem dat die bundel “besonder heg gestruktureer is”. Fourie (2013) wys op die samebindende tema van singewing deur woorde, die tema huis, asook “die web van vroue”.

VOLLEDIGE ARTIKEL

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s