uittreksels uit resensies

“Susan Smith lewer met haar tweede bundel ‘n betekenisvolle bydrae tot omgewingsbewuste poësie in Afrikaans. Sy waarsku teen vernietiging, sonder om te preek. Sy verwonder haar aan die natuur, sonder oppervlakkige sentiment. Meer nog, sy inspireer jou om die klein stukkies poësie in jou eie tuin raak te sien.”

Neil, Cochrane, Die Burger/Volkslbad, Beeld, 30 Januarie 2017

___________________________________________________________________________________________________________

“Die opvallende van hierdie bundel is dat die aarde as vroulik voorgestel word. Dit is dus ‘n sterk feministies-gelade teks wat in die taalgebruik na vore kom. Hélène Cixous beklemtoon die belangrikehid van hierdie vervrouliking van taal in Die lag van die Medusa.
Ook die bemoeienis met die digkuns is ‘n opvallende tema in hierdie bundel. Die bundel word dus ‘n dubbelreis vir die leser waarin sowel die aarde as eierblou ark (Noag) en die soeke na die volmaakte gedig onder die loep geneem word.”

___________________________________________________________________________________________________________

“Daar is ʼn skat aan treffende beelde, waarvan die presentasie van die aarde as ʼn eierblou ark met groot sukses as bundeltitel gekies is. Nog ʼn vonds is die silwer woordspaan as metafoor vir die kreatiewe proses, wat in wese ook ʼn vaar-handeling is. In pas met die bundelkonteks keer die motief van “saad” telkens terug: in gedigtitels (“Saad” en “Kantblomsaad”) en in verskeie gevalle geplant in die inhoud, onder andere in “Huls”, “Tuin van mondings” en “Biogenese”. Dit dra by tot die konkretisering van denkbeelde en werk ook metafories: die saad is sprekend van die ontstaan en uitsaaiing van die digterlike woord om die natuur op te roep, selfs aan te roep deur “ʼn alfabet van sade”, maar saad dien ook as indeks van vrugbaarheid, siklisiteit en metamorfose.”

Zandra Bezuidenhout, Versindaba, 11/11/2016

___________________________________________________________________________________________________________

“Die metafoor van die aarde as ’n ark word hier vir die eerste maal gebruik, en dien as die raamwerk wat talle ander gedigte in die bundel ondersteun. Hierdie ark is nie bloot ’n ark wat net oor die see vaar nie, aangesien die hooftema wat die digter se eerste bundel gekenmerk het – singewing en sinskepping – ook weer hier opgeroep word. In ’n saadpeul wat stroomaf dryf, sien die digter “’n klein swart alfabet”. Dit is hierdie alfabet wat die saadpeul betekenis gee, en sy betekenis opteken, om uiteindelik na “’n beskutte hawe” te vaar waar hierdie saadjies hopelik weer bome sal word.”

Reinhardt Fourie, LitNet, 25/1/2017

___________________________________________________________________________________________________________

“Ek het die bundel in die afwesigheid van sin een van die sterkste bundels gevind wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het – ‘n meesterlike debuut. Die gedigte het waarskynlik oor ‘n lang periode ontstaan, is weldeurdag, deeglik afgerond en ‘n seleksie wat spreek van ‘n deeglike keurproses is uiteindelik gemaak.”

MARLIES TALJARD, VERSINDABA, 26/11/2012
___________________________________________________________________________________________________________

“Smith het met hierdie verse watermerke op papier én in die Afrikaanse digkuns gelaat—waar daar weglatings was, het sy met woord- en sinfilamente troostaal geweef: tas- en leesbaar.”

MARTHINUS BEUKES, TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE, 50:2 2013
_____________________________________________________________________________________________________________

“Ek sal die hooftematiek van hierdie debuutbundel só omskryf: Die uiteenlopende prosesse van tekens maak (en dus betekenisskepping) deur die mens, en die geweldige tentatiwiteit hiervan in die alomteenwoordigheid van die slopingsprosesse inherent aan bestaan.”

CHARL-PIERRE NAUDE, DIE BURGER, 23/01/2013
____________________________________________________________________________________________________________

“In die afwesigheid van sin is ’n deurdinkte, deurgekomponeerde, afgeronde bundel met knap gedigte in die vryeversvorm waarin eenheid van beelding een van die deugde is. Die hand van ’n gesoute letterkundige is sigbaar, soos ook blyk uit die baie motto’s wat die bundel se literariteit versterk. […]

‘n Mens is dankbaar dat die grense tussen skeppende skryfwerk en die beoefening van formele letterkunde deur akademici vervaag het. Gesoute letterkundiges soos Smith speel ’n belangrike rol in ons verwikkelde literêre kultuur.”

JOHANN LODEWYK MARAIS, RAPPORT, 02/03/2013

_________________________________________________________________________________________________________

“Susan Smith lewer met In die afwesigheid van sin ’n goeie bydrae tot die Afrikaanse poësie. Tematies is die bundel sterk, hoewel dit genoem moet word dat die ontdekking van die vroulike identiteit as iets wat gevleg of geweef word, al heelwat deur ander digters gebruik is.”

REINHARDT FOURIE, LITNET, 29/05/2013
__________________________________________________________________________________________________________

“Die titel aktiveer die soeke na sin en betekenisse in die semiotiese sin van die woord. Die programgedig aktiveer hierdie aspek: metafisies en die bestaan op aarde. Die geweld waarmee ons moet saamleef, is ‘n hipogram in hierdie bundel soos beskryf in “skrik” (21). In die liefdesgedigte is daar reeds onrus ingebed (“hebban olla vogala”, 24) en in die aangrypende “kartografie” (25) is die tekens wat die geliefde agterlaat; dit wat die spreker se lewe rig.”

JOAN HAMBIDGE, WOORDE WAT WEEG, 27/01/2013
___________________________________________________________________________________________________________
“Die gebruik van ritme, musikaliteit en metaforiek gee aan die bundel ’n sterk vroulike karakter. Die taalgebruik is liries, byvoorbeeld in die gedig ‘ou huis’ en groot klem word op klank geplaas – wat natuurlik ook inskakel by die tema van die bundel. Uiteindelik is dit hierdie vroulike kwaliteit van die bundel wat dit, na my mening, so suksesvol maak.”

NELBA VERCUIL, LITERATOR, 34(1) 2013
___________________________________________________________________________________________________________

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s