versindaba onderhoud oor “in die afwesigheid van sin”

Susan Smith, In die afwesigheid van sin, Gedigte, Poësie

Versindaba onderhoud met Amanda Lourens

“Ek vind aanklank by taal wat ’n vrou se denkwyse reflekteer.”Susan, baie geluk met die verskyning van jou debuutbundel! Jy het egter reeds in 1997 in Nuwe Stemme I gedebuteer, en intussen het van jou gedigte in Versreise, Raamwerk 11&12, Groot Verseboek 2000, Versjoernaal, Pret met Poësie en die 2008-uitgawe van Groot Verseboek verskyn. Vertel ons dus meer oor die ontstaan van jou debuutbundel: Het jy doelbewus gewerk in die rigting van ’n selfstandige debuut? Ek vra dit veral omdat die bundel besonder heg gestruktureer is, met verbande wat bykans deur die hele bundel gelê kan word.”

“Dankie Amanda. Ek het verwag dat hierdie vraag oor die tydsverloop sou opduik. En eintlik het ek nie regtig ’n antwoord daarvoor nie. Ek skryf nog altyd, van jongs af. Net voor Nuwe Stemme 1 het ek ’n manuskrip voorgelê, waaruit 10 gedigte vir die bundel gekies is. En kort ná Nuwe Stemme (as mens vier jaar kort kan noem) het ek ’n nuwe manuskrip voorgelê – maar in daardie jare het nuwelinge maar moeilik gepubliseer gekom. Die tyd was nie reg nie. En die gedigte was natuurlik ook net eenvoudig nie goed genoeg nie. So het die bundel in die spreekwoordelike laai beland, is afsonderlike gedigte hier en daar in saamgestelde bundels opgeneem. Ek het egter steeds bly skryf, herskryf, weggegooi, oorbegin, moedeloos geraak, weer moed geskep. Dit was ’n eensame pad. Jy moet onthou dat ek myself in ’n Oos-Londense afgeslotenheid bevind het, op myself aangewese vir kritiek, vir oordeel. Selfs nou nog voel hierdie plek vir my soos ’n eiland, omring deur die digte groen Oos-Kaapse bos, met niemand wat hierlangs kom nie, geen woord wat my bereik uit die wye Afrikaanse wêreld daar buite nie. Die onmiddellikheid van die moderne platforms het nie bestaan nie. Die inligtingsontploffing en geredelike beskikbaarheid van kennis en van ondersteunende netwerke sou nog kom. En daarmee saam die gevoel dat jy gelees word. Dat iemand iewers daar buite aanklank vind by wat jy skryf. Intussen het die bundel haar eie draaie begin loop – nuwe rigtings ingeslaan, van kleur verander, die lewe het gebeur en so het die blourokvrou uiteindelik tot stand gekom. Maar vir eers het ook die vlugvrees (om Erica Jong hierby in te sleep) my lam gelê. Die bundel was reg om te loop, jare gelede al, maar ek kon nie laat los nie. Ek kon nie kláár skryf nie. Is waarskynlik steeds nie klaargeskryf nie. Maar dalk is die tyd nou uiteindelik reg.”

LEES VERDER OP VERSINDABA

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s