die môreboom


         umuNgu/acacia karroo

waar die heel en jonger
ronde rooi dolorietkoppe
oor eeue tydsaam loswikkel
en ronder en kleiner 
en ouer afrol 
waar die fyner gegreinde 
sandsteensedimente langsaam 
sagter meel 

sit die soetdoring se swart pit 
nog in sy sekelpeul
tussen krake in ysterrooi sand 
en geler oermoer leem 
geologies vir oorleef verpak 

droom soet en onverpoos voort 
onder sy grootjie se skamel geel
poeierkwaste en bietjieblaar skaduwee 

totdat sy gleuf tyd aanbreek
die sekel kraak
en sawwerig raak
die penwortel skiet
en die eerste versigtige groen bot
hardnekkig en binnekort vuurbestand
bo die afgesette kors 
kopuitsteek
©Susan Smith
Advertisements

selakant

selakant
(Coelacanthiformes, Latimeria chalumnae)

toe almal geglo het
hy is lankal uitgedood
toe net fossiele
360 miljoen jaar oud
van hom oorgebly het
sien Marjorie Courtenay-Latimer ou vierpoot
by Tyalomnqa in Desember van ’38:
hol ruggraat, geskarnierde bek, lobgevin
die kalm nagswemmer dryfjagter bodemloper

te laat.

sal hy, die meester seestroomnavigeerder steeds
moeiteloos en beweeglik  in die swel
en val van deinings sy roete maneuvreer
oor nog ‘n miljoen of meer?

©Susan Smith

vandag het die koel

 

vandag het die koel
bewuswees van alle skakerings van
grys   wolkgrys    misgrys   meeugrys   veergrys
    watergrys    brandergrys     skuimgrys
     rotsgrys   klipgrys   klipskeurgrys
        sandgrys  skulpgrys  skulpgruisgrys
             my sinne gevind
op die plek:  keiserstrand 34km wes van
   oos-londen  oos-kaap suid-afrika 32°58' suid
waar my voete kaal
in die blootgestelde tussengetysone
in die skulpgrysstrand

inwurm

©Susan Smith

keiserstrand grys middag collage

Foto: ©Susan Smith

“There is dual tension at work in […] bioregional poems.  At some moments the poem is an account of the world-as-it-is, at other moments a idiosyncratic self emerges like a sprite.  Yet, the poem announces a concerted effort to write as a way to displace self from phenomenal experience. “   There is a strive “[…] for a poetics in which these two acts – of being, and of ‘letting be’ – work in concert. “  The use of “[…] the journal as a site of poetry, time – marking and framing the place and materials surrounding the writing.  With […] clarity, the here and now surface:  native animals, plants, waters, people, moon and sky interwoven with thoughts, the mind working.  The poem is porous, a duration.  Not a slice of life, but an instance of inhabiting […]a site of ecological being.”

Russo, Linda. (n.d.). Writing Within:  Notes on Ecopoetics as Spacial Practice.  In:  How2, 3(2).