as die son stilstaan

 

as die son stilstaan
as die eerste sikades met solfatoonlere langs oktawe klim
en die bome singbos word van vlerke wat vibreer
as die klippe bakplate maak
en sis
weet jy:  hier kom die witligdae van januarie
die losmaakdae uit die oujaarvoue
vir skoonbrand nuutword onder ‘n stilstaanson

©Susan Smith

Advertisements