UFH

Die afgelope aantal jare het ‘n ongekende groei in Afrikaans in die relatief Engelse omgewing van Oos-Londen meegebring. In 2011 is die Departement Afrikaans by Fort Hare Universiteit deur die Departement van Hoër Onderwys aangewys as die vinnigs groeiende Afrikaanse departement in die land. Die rol van ‘n akademikus is lankal nie meer tot die lesinglokaal beperk nie en om Afrikaans sy volwaardige plek te laat inneem, beteken betrokkenheid op velerlei terreine.

Die afgelope aantal jare was gevul met ‘n wye spektrum van aktiwiteite waaronder die Aksie Afrikaans Boekeprojek met die ondersteuning van Cordis Trust, Leesprojekte, Afrikaanse Feesaande, Kreatiewe Skryf-werkswinkels en ‘n Forum vir Afrikaanse Onderwysers. Gooi daarby in ook nog ‘n hand vol gedigbesprekings by die plaaslike skole en ons Afrikaanse studente se ATKV studentetakstigting – die eerste in die land, so hoor ons.

Ek was ook deur die loop van die afgelope twee jaar intens betrokke by die opstel van die universiteit se nuwe taalbeleid, ‘n groot pluimpie in die hoed vir die Universiteit van Fort Hare. Daarmee verkry Afrikaans amptelike status as een van die drie amptelike tale by UFH.

 

Lees hier meer oor die onderskeie projekte en aktiwiteite:

Taalbeleid by UFH

Aksie Afrikaans Boekeprojek

ATKV Kreatiewe Skryfskool

Gedigtebesprekings by skole

Afrikaanse Feesaand

Departement Afrikaans UFH in die nuus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s